ONS SKOOL

Bedieningsarea

Bellair, Bloemhof, Blommendal, Blomtuin, Bo-Oakdale, Chrismar , De la Haye, Groenvallei, La Rochelle, Oakdale, Oakglen, Vredenberg. Ons het egter ook leerders uit die groter Brackenfell/Durbanville-area.

Naskoolsentrum

Die nasorgdiens staan vanaf 2017 bekend as ‘n NASKOOLSENTRUM. Die hoof is me. Sharon de Vries. Sy word bygestaan deur agt toesighouers.

Die naskoolsentrum begin onmiddellik nadat die skool vir gr. R om 12:30 sluit. Die leerlinge word in graadgroepe verdeel en elke groep het hul eie lokaal waar huiswerk gedoen word en algemene toesig plaasvind. Die leerlinge het tye vir huiswerkvoltooiing asook vir ontspanning en skakel ook ten volle by die skool se sportprogram in.

Ligte, gebalanseerde voedsame etes word in die middag voorsien. Naskoolleerlinge wat in sportspanne speel, ontvang ‘n kospakkie op wedstryddae.

‘n Naskoolkantoor is in die voormalige musiekvleuel van die skool ingerig. Toegang tot die kantoor is by die deur wat na Van der Stelstraat wys.

Toegang tot die skoolterrein, vir die afhaal van naskoolleerlinge, is vanaf Van der Stelstraat by die klein hekkie (oostekant van skool), en nie meer in Cornwellstraat by die draaihek (westekant van skool) nie. Na 15:30 is dit die enigste toegang tot die skoolgrond.

‘n Voorskoolsorg in die skool, vanaf 06:15 tot 07:30 en ná die naskoolsentrum gesluit het vanaf 17:30, is ook onder
goedgekeurde privaattoesig beskikbaar.

Kontak me. De Vries in noodgevalle en per SMS by 0834465070 insake die naskoolsentrum.
Kontak me. Elmarie Visser by 084 806 3631 insake die voorskoolsorg.

Me. Sharon de Vries
Hoof: Naskoolsentrum

Me. Angela Cook
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Antoinette Buckley
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Christelle Piick
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Elmarie Visser
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Erika Rowbotham
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Hermien du Plessis
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Maretha Maritz
Naskoolsentrum: Toesighouer

Me. Marietjie Fourie
Naskoolsentrum: Toesighouer

Kampe & Uitstappies

Mnr. Johann Mostert is verantwoordelik vir die organisering van die uitstappies vir die verskillende klasgroepe. Hy sorg dat die Departement van Onderwys geskakel word in verband met die uitstappies en dat die fondse beskikbaar is. Sover moontlik probeer ons egter persone en/of groepe na die skool bring vir demonstrasies of aanbiedings vir die hele skool of fase, in plaas van om slegs een graadgroep op ‘n uitstappie te neem. Storieskip is een van dié groepe wat jaarliks ‘n draai by die skool maak tot vermaak en opvoeding van die hele skool.

Die graad 7-leerlinge gaan jaarliks op ‘n kort oorslaapkamp. Kampterreine waar hul al gekampeer het, sluit in Waterval (Tulbagh), Kopbeenskloof Plaas (Touwsrivier) en High Africa (Worcester).

Ons leerlingraadslede gaan ook elke jaar (voor die skooljaar begin) op ‘n kort opleidingskamp, onder leiding van hul mentor-onderwysers, mnr. Jacques Viviers en me. Michelle McCarthy.

Mnr. Corné Lötter is klubleier by die Buitelug-en Groentjiesklub. Ons Buitelugklub is vir graad 4 tot 7, terwyl die gr. 3’s bekendstaan as die Groentjiesklub. Albei hierdie groepe skakel ook gereeld in by uitstappies en/of kampe wat deur die Angra Avontuurklub gereël word. Ander volwassenes betrokke, is me. Erika Rowbotham (oud-ouer/ onder-klubleier), me. Carien de Beer (graad 2) en me. Annelene Sleigh (graad 3) wat mekaar aflos as toesig tydens uitstappies en/of kampe

Snoepie

Ons Snoepie was jare lank in privaatbesit, maar is sedert 2016 weer onder
beheer van die skool. Minder soetighede en meer voedsameprodukte word
verkoop. Tans word die snoepie behartig deur Me. Venice Lensley.

Me. Venice Lensley

UIT DIE KANTOOR

OOV (Ouer-onderwysersvereniging)

2017/2018 se ouervereniging lyk soos volg:

  • Hennie Janse van Rensburg (voorsitter)
  • Melanie Redelinghuys (onder-voorsitter)
  • Karen Louw (tesourier)
  • Suzaan Jonas (sekretaresses)
  • Elzanne Witte
  • Helene Saayman
  • Jaco Voges
  • Gary Drake
  • CJ Scholtz
  • Loretta Slabber
  • Helen-Ann Roux (onderwyser)
  • Corné Lötter (onderwyser)

Suksesvolle projekte aangepak in 2017:

  • Verkope by BN Mini-krieketdag (Kwartaal 1)
  • 5 km Gesinspretstap (Kwartaal 1)
  • Wakkerbly-marathons vir gr. 5-7 (Kwartaal 1 en 4)
  • Verkope by BN MC Grant Netbalaand (Kwartaal 2)
  • Spelolimpiade (Kwartaal 2)
  • Fliekaande vir gr. R – 4 (Kwartaal 2 en 3)
  • Kosverkope en suksesvolle restuarant tydens die revue (Kwartaal 3)
  • Kos-en-kuieraand (kwartaal 3)
  • Gholfdag by Bellville Gholfbaan (Kwartaal 4)
  • Kosverkope by Kleure-atletiekbyeenkoms (Kwartaal 4)
  • Kaskarkenades (Kwartaal 4)

Baie dankie aan alle ouers, asook vriende van BN, wat hul hulp aangebied het en aktief betrokke was.

Kontak Ons

Tel. 021 948 3654
Faks. 021 949 2087
E-pos: lbnoord@bnprim.co.za

Adres

Van der Stelstraat
Bellville
7539

Web Design by iPlay-Media