AKADEMIE
Graad RR & Graad R
Vanaf 2024 skakel graad RR ook nou by ons in. Hul het ‘n lekker groot lokaal met hul eie aparte badkamers wat ouderdomspesifiek ingerig is. ‘n Opgeleide onderwyseres en ‘n assistent sien om na hulle. Hul deel ‘n binnehof met die graad R-maats. Hierdie binnehof het ‘n klimraam, sandputte, veilige kunsgrasoppervlaktes en vele meer waarmee hul onder toesig na hul hartelus kan speel.
Die graad R-personeel bestaan uit twee ervare en goed opgeleide onderwysers. ‘n Assistent word tussen die twee klasse afgewissel. Vanaf 2023 spog die graad R’e met twee groter klaskamers asook hul eie nuwe stoorkamer.
Ons poog om leer-, gereedheids- en gedragsprobleme vroeg te identifiseer en pro-aktief op te tree. Dit strek tot u kind se voordeel dat ons toegang het tot alle ander geriewe van die skool. Albei afdelings is baie goed toegerus met vaardigheidsapparaat en opvoedkundige speelgoed.
Na ‘n jaar in gr. RR is die aanpassing in graad R en daarna in gr. 1 baie makliker omdat hulle reeds vertroud is met hul skoolomgewing en hul maats ken. Baie vriendskappe wat deur hul hele skoolloopbaan hou, word reeds hier gesmee. Ons glo dat hierdie kleuters van hulle gelukkigste skooljare in graad RR asook graad R deurbring.

Me. Natasja de Jager
Gr. RR

Me. Jade Steenkamp
Gr. RR

Me. Maryke Walters
Graadhoof Gr. R

Me. Charlene Oberholzer
Gr. R

Me. Jancke le Roux
Gr. R-assistent
Graad 1 tot 3
Die Grondslagfase-afdeling van die skool bestaan uit kleurvolle klaskamers wat ‘n positiewe leeratmosfeer skep en beskik oor uitstekende apparaat en geriewe.
Ons goed opgeleide onderwysers is ervare en dinamiese. Hul is streng dog liefdevol en sien werklik om na die leerlinge. Die leerlinge ontvang huiswerkblaaie waarop die huiswerk uitgestippel word.
Die klasse beskik oor nuwe televisiestelle wat baie produktief aangewend word. Die graad 3-klasse sal ook binnekort toegerus wees met interaktiewe witborde en meegaande projektors.
Goeie skakeling vind plaas tussen die Grondslagfase- en Graad R-onderwysers ten opsigte van skoolwerk en hulpverlening. Verryking ten opsigte van Wiskunde en Leesonderrig vind plaas. Kodering vervang rekenaaronderrig vanaf 2020 en vind plaas in skooltyd.
Ons fase poog om ‘n hoë persentasie deelname aan die sportsoorte, wat deur die skool aangebied word, aan te moedig. Geleentheid vir bykomende privaat afrigting word ook geskep vir rugby asook krieket. Leerlinge neem ook gereeld deel aan kultuuraanbiedings. Die graad 3’s bied elke jaar ‘n Kerssangdiens aan vir die res van die skool. Ons leerlinge word aan entrepreneursdae blootgestel waar hul self die verkope (onder toesig) hanteer.
Daar is baie goeie skakeling tussen onderwysers en ouers danksy gereelde ouerafsprake. ‘n Prestige-aand of -oggend word in die laaste kwartaal gehou om goeie werk te beloon. Leerlinge se werk word ook gereeld uitgestal en belowende kunswerke vir uitstallings ingeskryf.

Me. Zelda Hugo
Gr. 1

Me. Elizma Williams
Gr. 1

Me. Jessica Jansen van Rensburg
Gr. 2

Me. Mariana Swanepoel
Departementshoof Gr. 2

Me. Helen-Ann Roux
Gr. 3

Me. Nicole Taylor
Gr. 3

Me. Anushka du Plessis
Gr. 1 Assistent

Me. Lizaan Bronkhorst
Gr. 2 & 3 Assistent
Graad 4 tot 7
Ons het twee klasse in elke graad. Die senior fase is bekend vir die hoë akademiese standaard waarmee ons leerlinge toerus. Verskeie van ons oudleerlinge se name verskyn jaarliks op die Top 20-lys vir akademiese prestasie van vele hoërskole. Vele alumni word ook jaarliks as leiers by hul onderskeie hoërskole (asook vele koshuise) aangewys.
Die graad 4- tot 7-personeel is baie dinamies, het hoë verwagtinge van die leerlinge en gaan uit hul pad uit om hul as volwaardige mense te ontwikkel. Die personeel streef ook voortdurend daarna om op akademiese gebied te vernuwe en op die voorpunt van ontwikkeling te bly. Vanaf 2024 word die leerlinge ook blootgestel aan Robotika.
Daar is goeie skakeling tussen onderwysers en ouers danksy gereelde ouerafsprake. Prysoggende (per graad) asook ‘n Prestige-aand geleentheid word jaarliks gehou om leerlinge te beloon wat akademies presteer het. Hier word hul betrokkenheid op kultuurgebied en in sport saam met die akademiese prestasie aangedui. Die Top 10-van elke graad word ook bekend gemaak.

Me. Carine du Plessis
Gr. 4

Juf. Marianke Swart
Gr. 4

Me. Esmé Uys
Gr. 5

Mnr. Corné Lötter
Gr. 5

Me. Estelle Basson
Gr. 6

Mnr. Tiaan Lotz
Gr. 6

Me. Michelle McCarthy
Gr. 7

Mnr. Johannes Terblanche
Gr. 7

Mnr. Jacques Viviers
Gr. 6 & 7

Mnr. Jahno Geldenhuys
Gr. 4 - 7
Assessering
Deurlopende informele assessering word tydens lesse gedoen volgens ‘n verskeidenheid assesseringstrategieë. Dit word gebruik ter voorbereiding van formele assessering. Formele assesseringstake, soos vervat in die KABV, word gereeld gedoen. Hierdie formele assessering bepaal die finale punt vir elke vak. Die leerlinge ontvang elke kwartaal ‘n formele aanpasbare assesseringsprogram.
Aan die einde van die tweede en vierde kwartaal skryf gr. 4- tot 7-leerlinge eksamen volgens ‘n vooraf opgestelde eksamenrooster. Werkafbakening word vroegtydig aan gr. 4- tot 7-leerlinge beskikbaar gestel.
Vorderingsverslae word aan die einde van elke kwartaal aan ouers gestuur. Waar nodig word onderhoude met die gehou om leerlinge se vordering te bespreek. Bykomende onderhoude word gedurende die kwartaal ook gereël. Leerlinge wat intervensie benodig, word ondersteun en waar nodig maak onderwysers van differensiasie gebruik en word individuele hulp voorsien.
Vir meer inligting oor vakke, slaagvereistes en assessering, besoek die WKOD se webtuiste.
Verskeie webwerwe vir naslaandoeleindes wat u kan besoek. Hierdie is slegs voorbeelde en nie skakels nie.
www.afrikaans.com • Die Mielestronk • Wikipedia • Rieme.co.za • Simply Fun Projects.com • Craftown.com
How stuff work • Science Made Simple • Technologystudent.com • Focus Eductional • IXL Math Online
www.javak.co.za • www.skatkis.com
Leerderondersteuning
Laerskool BelIville-Noord is bevoorreg om ‘n leerondersteuningspos te hê wat deur die WKOD aan die skool toegeken is. Die ondersteuningsonderwyser is egter slegs sekere dae by ons aangesien sy ook by ander skole ingedeel is.
Die leerderondersteuner se doel is om die leerlinge wat nie die spesifieke leeruitkomste vir Wiskunde of sy/haar Huistaal bereik het nie, in kleiner groepe tydens skoolure uit die klas te onttrek.
In die kleiner groepe word daar van verskeie metodes en tegnieke gebruik gemaak om die nodige uitkomste te bereik. Die leerders word op gegewe tye onttrek om die agterstande in te haal. Die ondersteuning geskied meestal in die rekenaarlokaal.
‘n Didaktiese klaskamer word ook vanaf 2021 in gebruik geneem wat ingerig sal wees om veral ons grondslagfase te ondersteun. Ouer leerlinge sal wel ook hierby kan baat indien die individuele omstandighede dit toelaat of noodsaak.
Indien daar nog verdere terapie nodig is, word die ouers daarvan ingelig en word privaat, individuele terapie aanbeveel wat deur die ouers betaal word.
Vanaf 2024 het me. Marzaan Geldenhuys as die Leerlingondersteunings-leerkrag by ons aangesluit nadat die pos vir enkele maande vakant was. In hierdie kort tydperk het ons die vorige leerkrag tydelik op kontrakbasis aangewend.
Me. Geldenhuys is drie dae van die week by ons beskikbaar en hanteer enige didaktiese/akademiese ondersteuning soos benodig. Onderwysers sal leerlinge na haar verwys.

Me. Lolita Ferreira
Berader
In die handel is daar verskeie boeke en DVD’s beskikbaar wat handel oor kinders met spesiale onderwysbehoeftes asook algemene boeke wat enige ouer kan help. Hier is ‘n paar wat aanbeveel word:
“A friend like Henry” ISBN 978-0-340-93402-9
“Skakel jou brein aan” ISBN 0-624-04285-5
“How to talk so kids will listen and listen so kids will talk” ISBN 978-184-812-309-0
“Vyf tale van die liefde vir kinders” ISBN 978-1-7700-472-6
DVD:
Tare Zameen Par (Every child is special) Aamir Khan

