SPORT

Ons is ongeag die grootte van ons skool uiters kompeterend as ons teen veel groter skole moet meeding in skaak, op die rugby-en krieketveld, asook op die netbal-en atletiekbaan. Enkele meisies, wat ‘n vaardigheid toon vir krieket, speel gereeld in die skool se spanne.

Vanaf 2019 bied ons hokkievaardigheid (gr. 3 – 7) aan bykomend tot rugby, netbal en krieket by Hoërskool Bellville se astroveld. Vele van ons meisies (en al meer seuns) speel sedert 2019 hokkie as sport in die hoërskool en is dan uiters kompeterend en staan geensins terug vir die leerlinge wat hokkie as skoolsport by hul laerskole kon speel nie.

Ons bied jaarliks drie uiters suksesvolle sportdae aan: die mini-krieketdag, junior atletiekbyeenkoms en ‘n netbaldag. Ons neem deur die loop van die seisoen ook deel aan verskeie sportdae by ander skole. Ons skaakleerlinge neem ook gereeld deel aan wedstryde/toernooie op meestal Vrydae. “Tag”-rugby word informeel op sommige Sondae gespeel en sluit enige BN’er in vanaf o.7 tot ons ouers en onderwysers. Meisies is ook meer as welkom om saam te speel.

Ons het voor Covid gereeld ‘n krieketdag vir volwasse spanne aangebied. Ouers kan dan ook informeel inskakel by die Brouniesspan wat krieketwedstryde speel teen ander skole/klubs.  Ons het ook al ‘n suksesvolle netbaldag vir volwassenes aangebied en kyk beslis weer daarna in die nabye toekoms. 

Al ons spanne word deur onderwysers self afgerig en kry hulp van ‘n paar buite-afrigters wat hul ondersteun of bystaan. Ons laat ook oudleerlinge toe om praktiese ervaring by ons op te doen wanneer hul sportkursusse (atletiek, netbal, rugby, tennis, hokkievaardigheid) volg en die nodige kwalifikasies (soos Boksmart) het. Bykomende afrigting deur privaatinstansies is beskikbaar vir rugby, netbal en krieket en word goed ondersteun.

‘n Sportprogram met al die nodige tye en datums word aan die begin van elke kwartaal uitgegee.

So lyk ons sportaanbieding:

Somer: 

  • Atletiek
  • Balvaardigheid (seuns en meisies) Gr.1 tot 3
  • Krieket (seuns en meisies)
  • Mini-krieket (o.8, o.9)
  • Skaak (beginners en gevorderd)
  • Tennis
  • Hokkievaardighede (vanaf o.10 tot o.13, na-ure by Hoërskool Bellville)

Winter: 

  • Mini-netbal (o.7, o.8, o.9)
  • Mini-Rugby (o.7, o.8, o.9)
  • Netbal
  • Rugby
  • Skaak (beginners en gevorderd)
  • Hokkievaardighede (vanaf o.10 tot o.13, na-ure by Hoërskool Bellville)

Ander:

  • Ons o.14-leerlinge skakel meestal in by Hoërskole Bellville en DF Malan vir krieket, netbal, hokkie en rugby.
  • Ons leerlinge kan ook jukskei beoefen. Dit vind plaas by Bellville Jukskeiklub onder afrigting van André Niehaus (082 411 1829).
  • Vele van ons leerders neem buite skoolverband deel aan karate, toutrek, gimnastiek, moderne danse, teikenskiet, boogskiet, fiksheidsport, fietsry asook binnenhuise netbal én –krieket. Ons gee dan ook aan hul erkenning as hul hier presteer.
  • Waar gr. 7-meisies ‘n vaardigheid in hokkie ten toon stel, kry hul geleentheid om by spanne van Hoërskool Bellville in te skakel aangesien ons dit nie as amptelike sport aanbied nie. BN sportgeleenthede kry egter altyd voorrang waar wedstryde/sportdae sou oorvleuel.
  • Vanaf 2019 kan leerlinge ook inskakel by die BN Bergfiets-klub. Oefeninge en deelname aan byeenkomste word deur ‘n ouer georganiseer in samewerking met Grannygear (grannygear.co.za).
  • Vanaf 2022 kan ons leerlinge ook inskakel by die BN Langasems Landloopklub. Dit word deur ‘n ouer van die skool aangebied.
  • Daar is ook vanaf 2022 geleentheid vir ons gr. R en 1-leerlinge om aerobiese dans en bewegingsklasse te neem in ons skoolsaal. Dit word teen betaling privaat afgerig. Kontak Angelique Decker by 071 248 9242.

 

Ons sportorganiseerders/skakelonderwysers lyk soos volg:

Me. Cariné du Plessis

Atletiek / Landloopklub

Me. Marianke Swart

Bergfietsklub

Mnr. Corné Lötter

Mini-Krieket / Hokkie-vaardighede

Me. Nicole Taylor

Netbal

Mnr. Johannes Terblanche

Rugby

Me. Helene-Anne Roux

Tennis

Mnr. Tiaan Lotz

Krieket / Hooforganiseerder

Fotobeeld van sport by Bellville-Noord