SKOOLUNIFORM

Ons skooluniform kan aangeskaf word by ons eie klerebank. Die klerebank is sedert 2024 slegs een dag ‘n week oop soos volg:

Donderdae: 07:30 tot 09:30.

Ouers wat nie die klerebank op Donderdae kan besoek nie, kan die vriendelike me. Jessie Brand dmv. die skool se sekretaresse kontak om ‘n afspraak op ‘n ander meer geleë tyd te probeer reël.

Alle aankope geskied per kaart. Geen kontant word meer aanvaar nie.

Goeie tweedehandse skoolklere is ook te koop indien in voorraad.

Seuns

Somer

• Wit oopnek-kortmouhemp
• Donkerblou V-neklangmoutrui of V-nekoortrektrui (“pullover”) – nie op warm dae nie.
• BN-reënbaadjie (slegs as sokkies en skoolskoene gedra word) – nie op warm dae nie, en nie bo-oor skoolsweetpak nie.
• Grys kortbroek met swart gordel
• Grys skoolsokkies en swart, toeryg-skoolskoene (of kaalvoet)
• BN-sonhoed
• Geen das

Winter

• Wit toeknoop-langmouhemp
• Grys kort- of langbroek met swart gordel
• Grys skoolsokkies en swart, toeryg-skoolskoene
• BN-skooldas
• Donkerblou V-neklangmoutrui en/of BN-reënbaadjie
• Donkerblou/BN-serp

SPORTSAK

SKOOLTAS

Meisies

Somer

• Wit oopnek-kortmouhemp
• BN-skoolrok
• BN-reënbaadjie (slegs as sokkies en skoolskoene gedra word) – nie op warm dae nie, en nie bo-oor skoolsweetpak nie.
• Donkerblou V-neklangmoutrui – nie op warm dae nie.
• Kort wit sokkies en swart skoolskoene (of kaalvoet)
• Donkerblou broekie onder rok
• Donkerblou linte, bolletjies of donkerblou of wit hareband (“Aliceband”)
• Eenvoudige swart of silwer metaalknippies in die hare.
• Slegs goud of silwer knoppies of klein ringetjies in oorlelle.
• BN-sonhoed
• Geen das
• Donkerblou haarrekkie of donkerblou materiaal “scrunchies” – beskikbaar by ons klerebank
.

Winter

(Keuse 1)

• Wit toeknoop-langmouhemp
• BN-skoolrok
• Grys skoolsokkies of swart dik winterkouse met swart skoolskoene
• BN-skooldas
• Donkerblou V-neklangmoutrui en/of BN-reënbaadjie
• Donkerblou broekie onder rok
• Donkerblou/BN-serp
• Donkerblou linte, bolletjies of donkerblou of wit hareband (“Aliceband”)
• Eenvoudige, gepaste swart of silwer metaalknippies in die hare.
• Slegs goud of silwer knoppies of klein ringetjies in oorlelle.
• Donkerblou haarrekkie of donkerblou materiaal “scrunchies” – beskikbaar by ons klerebank

(Keuse 2)

• Wit toeknoop-langmouhemp
• Grys meisielangbroek
• Grys skoolsokkies en swart skoolskoene
• BN-skooldas
• Donkerblou V-neklangmoutrui en/of BN-reënbaadjie
• Donkerblou/BN-serp
• Donkerblou haarrekkie of donkerblou materiaal “scrunchies” – beskikbaar by ons klerebank

Sportdrag (seuns en meisies)

• Donkerblou BN-sporthempie
• Donkerblou sportbroek
• Wit sokkies en verkieslik wit sportskoene (nie mode-tekkies)
• BN-sweetpak
• BN-sonhoed in die somer
• Driekleur-haarrekkies – beskikbaar by ons klerebank

SONHOED

HAARREKKIES

Wintersdrag

Somersdrag