Eon Muller Fonds

Die Eon Muller-fonds word gebruik om behoeftige leerlinge te help met onder andere skryfbehoeftes en skoolklere. Ander finansiële uitgawes mag ook hieruit gedek word indien nodig geag.

Eon Muller was ‘n lewenslustige graad 3-seun wat op 2 September 1994 tragies gesterf na ‘n ongeluk tydens ‘n Polisie-vertoning op die skoolgronde.

Enige finansiële skenking is welkom en kan inbetaal word by:

Rekeningnaam: Laerskool Bellville-Noord
Verwysing: Eon Muller-fonds
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 1450490551

Inbetalings kan ook deur middel van die Sticitt/Cashless-D6-beursie gemaak word vir Bellville-Noorders wat die D6-toepassing op hul fone/rekenaars het.