Ons was 75-jaar oud in 2025
Ons skool is dankbaar vir 75 wonderlike jare (1950 – 2025).
Ons bedank almal wat aktief betrokke was by verlede jaar se 75-jaar Feesweek wat plaasgevind het vanaf 22 tot 31 Augustus. Dit was waarlik ‘n voorreg om weer met oud-ouers, oud-skoliere en oud-personeellede kontak te hê. Dankie ook aan Laerskool De Tyger wat betrokke was in vele van ons aktiwiteite tydens hierdie feesweek.
Baie dankie aan almal wat hul foto’s gestuur het vir gebruik in ons 75-jaar Feesweek-fotobeeld wat sedertdien op die BN Youtube-kanaal te sien is.
Op ‘n volgende 75 jaar van omgee en puik onderrig. Ons sal voortgaan by hierdie “omgee-skool, met ‘n plattelandse hart” met die ontwikkeling van waardegedrewe individue vol potensiaal.
TERUGBLIK IN DIE VERLEDE