Naskoolsentrum

Naskoolsentrum

Die nasorgdiens staan vanaf 2017 bekend as ‘n NASKOOLSENTRUM (NSS).

Die naskoolsentrum begin onmiddellik nadat die skool vir gr. R om 12:30 sluit. Die leerlinge word in graadgroepe verdeel en elke groep het hul eie lokaal waar huiswerk gedoen word en algemene toesig plaasvind. Die leerlinge het tye vir huiswerkvoltooiing asook vir ontspanning en skakel ook ten volle by die skool se sportprogram in. ‘n Voorskoolsorg is in 2018 begin en is vanaf 06:00 tot 07:30 beskikbaar.

Die Naskoolsentrum voorsien daagliks voedsame toebroodjies en ‘n groentebord. Naskoolleerlinge wat in sportspanne speel, en wie se name ingedien word op wedstryddae, ontvang ‘n kospakkie met wegwedstryde.

Die naskoolkantoor is in die voormalige musiekvleuel van die skool ingerig. Toegang tot die kantoor is by die deur wat na Van der Stelstraat wys. 

Toegang tot die skoolterrein, vir die afhaal van naskoolleerlinge, is vanaf Van der Stelstraat by die klein hekkie (oostekant van skool), en nie meer in Cornwellstraat by die draaihek (westekant van skool) nie. Na 15:30 is dit die enigste toegang tot die skoolgrond.

Me. Danina Blaauw
NSS-hoof

Me. Estelle Basson
Skakelonderwyser

Me. Madelein Grove
Toesighouer

Me. Chantel Badenhorst
Toesighouer

Me. Leigh Daniels
Toesighouer

Me. Cindy Fourie Toesighouer

Me. Delicia Alexander Toesighouer

Me. Erika Rowbotham Toesighouer

Mnr. Tommy Cloete
Toesighouer

Me. Cheree du Preez
Toesighouer

Me. Jade Steenkamp
Toesighouer

Me. Janine Saul Toesighouer

Fotobeeld van ons Naskool se doen en late.