
SPORT
Erkenning aan nasionaal en internasionale prestasies
Alhoewel karate en moderne danse ‘n “buite” sport is, gee ons erkenning aan leerlinge wat daarin (soos ander buite sporte) presteer. Clarese Lourens het SA in 2017 (gr. 2) in Roemenië verteenwoordig in Karate en twee silwer medaljes verower. Sy het in 2019 (gr. 4) in Maleisië verder gegaan en is as die wêreldkampioen gekroon met goue medaljes. In 2021 (gr. 6) was sy as die beste in SA gekroon in Kumite in haar ouderdoms- en gewigs-afdeling en toe wéér verkies om SA in 2022 in Italië te gaan verteenwoordig by die 6de Wêreld Goju-Ryu Karate Federasie Kampioenskap in beide Kata en Kumite.
Drie dames waarop BN baie trots is wat oud-BN’ers is en nasionale kleure die vorige 10 jaar in hul onderskeie sportkodes ontvang het is Yolandi Potgieter (SA Vrouekrieket: 2013, 2014), Chané Stadler (SA Vroue Sewesrugby: 2015, 2017, 2018) en Kyala Smit (SA Atletiek: 2018).
GF Linde (SA Manskrieket: 2019 – tans) is nog ‘n oudleerling wat ons land op nasionale vlak verteenwoordig het.
Al vier het hierdie sportkodes by Bellville-Noord begin speel en daarmee voortgegaan of later weer opgeneem en ook die Westelike provinsie en/of ander streekspanne verteenwoordig.
Mia Kretschmer (gr. 7, 2017) was deel van ‘n SA-span in Hip-hop (‘n moderne dansstyl) wat in Nederland deelgeneem het. Haar broer, Owen Kretschmer, het in 2018 (gr. 6) dieselfde gedoen en weereens in 2019 (gr. 7) waar hy en sy spanmaat die beste van al die SA’ers gevaar het.
Danika van Eden (gr. 5) en Zia van Rensburg (gr. 5) is SA Fitness Sport Aerobics se SA Kampioene in 2019. Hul het as ‘n span deelgeneem. Danika het in 2021 (gr. 7) individuele goud verwerf. Twee ander BN’ers wat in 2021 in Danika en Zia se voetspore (as ‘n span) volg en ook goud verwerf het is Carla Erasmus (gr. 5) en Zara Smit (gr. 5).
Mckenzie Pedro (gr. 7, 2017) het ons ook nou trots gemaak deurdat dié oud-BN’er as o.19-lid van die SA Fietsryspan 3 goue medaljes en 1 brons losgetrap het by die African Continental Road and Track Championship wat vroeg in 2021 in Kaïro, Egipte plaasgevind het. Sy het Suid-Afrika verteenwoordig in die pad-, baan- asook span-kompetisies. Sy het fietsry, ondanks haar betrokkenheid by die amptelike sporte by ons, ook as buitesport aangepak. Sy is weereens in 2022 tot die Nasionale span verkies.
Carla Kotze (2021, gr. 6) het vanjaar SA-kleure ontvang in karate en gaan SA in 2022 in Italië verteenwoordig by 6de Wêreld Goju-Ryu Karate Federasie Kampioenskap. Haar broer Xander (tans in Hs Stellenberg) was ook by ons en het nes sy SA-kleure ontvang om SA ook by dieselfde byeenkoms te gaan verteenwoordig.
‘n Derde BN’er wat SA in Italië by die 6de Wêreld Goju-Ryu Karate Federasie Kampioenskap gaan verteenwoordig is Anrique Scheepers (2021, gr. 4). Ons is ook baie trots op hom
Keanu Pieters (gr. 4) is in 2022 aangewys as die o.11 SA Kampioen in baanfietsry. Hy het goud verower in die 500 m-, 1 000 m-tydtoets asook 3 000 meter-resies by die SA Baankampioenskappe.

SA Karate 2017 (Gr. 2), 2019 (Gr. 4), 2021 (Gr. 6)

Chane Stadler, SA Vroue Sewesrugby
2015, 2017, 2018

Yolandi Potgieter, SA Vrouekrieket
2013, 2014

GF Linde
Provinsiale krieket 2012–tans, SA Krieket 2019-tans
(Foto van Gallo Images)

Mia Kretschmer, SA Hip-hop 2017 (Gr. 7)
Owen Kretschmer, SA Hip-hop 2018 en 2019 (Gr. 6&7)

Kayla Smit, SA Atleet (Goud: hammergooi)
2018

Mckenzie Pedro
SA Fietsry 2021/22

Mckenzie Pedro
Wen Goud in Fietsry 2021

Carla Kotze
SA Karate 2021/22 (Gr. 6/7)

Xander Kotze
SA Karate 2021/22

Anrique Scheepers
SA Karate 2021/22 (Gr. 4/5)
KULTUUR






ANDER


Kontak Ons
Tel. 021 948 3654
Faks. 021 949 2087
E-pos: lbnoord@bnprim.co.za

Adres
Van der Stelstraat
Bellville
7539