KONTAK ONS

Ons adres-en kontakbesonderhede

Laerskool Bellville-Noord
Van der Stelstraat
Bellville
7539
33°53’31.8″S 18°38’25.9″E (GPS-koördinate)
Tel: 021 948 3654
E-pos: lbnoord@bnprim.co.za

Roete-aanwysings en toegang

Laerskool Bellville-Noord is geleë op die hoek van Avondale- en Van der Stelstraat in Bellville. Die skool se rugbyveld is van Avondalestraat af sigbaar en hier is ook ‘n toegangshek vir parkering (vanuit ‘n Westelike rigting) tydens groot funksies. Van der Stelstraat loop parallel met Bill Bezuidenhout Boulevard van noord na suid.

Ons toegangshekke is soos volg:

• Gr. RR by die draaihek in Cornwellstraat.
• Gr. R–2 toegang by die hek in Rathgarstraat.
• Gr. 3-7 by die hoofhek in Van Der Stelstraat.
• Slegs ingeskrewe Voorsorg-leerlinge by die NSS-hek

Ouers sien hul kinders af by die hekke en mag nie hul kinders op die skoolgronde vergesel nie. Toegang vir enigeen buiten die personeel en leerlinge streng slegs by die hoofingang en u moet aanmeld by die sekretaresse.

ALLE HEKKE SLUIT OM 07:40. Toegang hierna slegs by die voetgangerhekke in Van Der Stelstraat (hoofhek vir besoek aan die klerebank en sekretaresse of as leerlinge ná 07:40 opdaag, en NSS-hekkie vir toegang tot die Naskoolsentrum). Ouers wat leerlinge by die Naskoolsentrum kom afhaal se kinders verlaat die terrein slegs by die NSS-voetgangershek. Leerlinge mag nie onbepaald by die hoofhek wag om afgehaal te word nie. Sulke leerlinge moet asseblief (vir hul eie veiligheid) by die NSS-ingeskryf word.

Ander toepassings gekoppel aan ons

Laai die d6 Communicator (blou toepassing) af om ons te volg op u slimfoon. U kan dit aflaai by hierdie skakel: https://onelink.to/school-communicator

Kontak ons per e-pos

 

8 + 6 =

MySchoolkaarte

Koppel u MySchoolkaart aan ons en ondersteun ons kosteloos met enige aankope waar u hierdie kaart gebruik.